top of page

BIOGRAFIE:

Ben van Tonder groei in Pretoria op, en matrikuleer in 1986 by Elandspoort Hoërskool. Hy begin in 1987 met sy teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria, en verwerf sy BA-graad in teologie in 1989, sy Honneursgraad in Bybelkunde in 1990 en sy BD-graad in teologie in 1993. In 1994 word hy gelegitimeer as predikant in die NG-kerk, en word beroep na NG Eldoraigne in Centurion, waar hy 13 jaar lank as jeugleraar bedien. In 2006 word hy na NG Proteapark in Rustenburg beroep waar hy 6 jaar lank onder andere die jeugbediening behartig. In 2012 word hy beroep na NG Delmas Moedergemeente. In Januarie 2017 is hy beroep na NG Grootkerk in Graaff Reinet.

Intussen verwerf Ben ‘n verdere 3 grade in teologie: ‘n Meestersgraad aan die Universiteit van Unisa in 2001 sowel as ‘n Meestergraad by Tukkies in 2007. Hy verwerf ook sy Doktorsgraad by Tukkies in 2010.

Ben van Tonder beoefen vanaf studentejare vir bykans 15 jaar lank ‘n landswye musiekbediening waartydens hy 5 Gospel-CD’s van sy eie oorspronklike komposisies vrystel, waarvan een in 2004 met die Liertoekenning van die ATKV vereer word.

Ben van Tonder is ook ‘n gepubliseerde skrywer wat alreeds talle boeke die lig laat sien het, waarvan die boek, “Geestelike volwassenheid” wat deur Lux Verbi in 2007 uitgegee is, die bekendste is. ‘n Boek vir vroue waarvan hy ‘n medeskrywer is, word later vanjaar deur Carpé Diem-uitgewers vrygestel.

Ben is getroud met Sanet, wat saam met hom in die bediening werk, en saam het hulle 6 kinders, waarvan 3 reeds volwassenes is en 3 nog op skool is.

Kwalifikasies

 

2010                          Universiteit van Pretoria

PhD Praktiese Teologie (Met lof)

Proefskriftema: “’n Nuwe taal vir ’n nuwe tyd – verskuiwing in die kommunikasie van die Evangelie binne ’n hedendaagse konteks”

 

2007                          Universiteit van Pretoria

MA Praktiese Teologie (Met lof)

Skripsietema: “Prediking binne die konteks van ’n hedendaagse gesinserediens”

 

2001                          Universiteit van Suid-Afrika

M Diac in Jeugwerk (Praktiese Teologie)     

Skripsietema:  “Kerkmusiek vir hedendaagse tieners”

 

1993                           Universiteit van Pretoria

BD Teologie (Afd B)

Skripsietema: “Prakties-Teologiese riglyne vir die skryf en implementering van die geestelike lied met die oog op ‘n hedendaagse kinderbediening”

 

1990                           Universiteit van Pretoria

BA Honneurs Bybelkunde

 

1989                           Universiteit van Pretoria

BA Teologie (Afd B)

bottom of page