top of page
Search
  • Writer's pictureBen van Tonder

Wat sou gebeur het as Jesus op sy eiland gebly het?


Ons droom almal soms daaroor om die Lotto te wen en iewers op 'n eiland te gaan bly, weg van al die probleme en moeilikheid. DIt laat my nogal dink aan die versamelaars van Star Wars of John Deere versamelitems: indien die item nog in sy oorspronklike verpakking is, onoopgemaak en onaangeraak, dan is dit baie meer werd. Baie gelowiges leef ongelukkig ook so: hulle glo dat hulle deur God gered is, en dat Hy hulle skoongewas het, vergewe het, en nou pragtig snoesig en veilig verpak het, net reg vir die hemel. Ons leef graag gered, maar nie noodwendig geroep nie! In 2 Tim 1:9 hoor ons dat ons sowel gered as geroep is: geroep om aan God toegewy te wees. Jesus-volgelinge tree nie af of uit nie, hulle tree in diens van hulle Here en Koning! Hulle is skoongewas, maar is nie bang om hulle hande vuil te maak vir God se koninkryk nie. Hulle kies teen gerief, vir geroepenheid. Hulle gee nie net hulle harte vir Jesus nie, maar ook hulle hande.

3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page